Les 9
21-27 Mei
Jakob, die bedrieër
- Jakob steel die seën.
- Esau en Jakob is op dieselfde dag gebore, maar hulle karakters was verskillend. Esau was ‘n aktiewe jagter, en Jakob was ‘n rustige herder (Genesis 25:27).
- Esau het net vir vandag omgegee, maar Jakob het verder gegaan. Jakob het verlang na die eersgeboortereg en die seën daarvan (m.a.w. om die skakel na die beloofde Saad te wees).
- Jakob het die eersgeboortereg verkry aangesien sy broer dit verontagsaam het (Genesis 25:29-34).
- Toe Isak vir Esau wou seën, het Jakob sy pa bedrieg en die seën op bedrieglike wyse gekry (Genesis 27:1-27).
- God seën Jakob (1).
- Nadat hy deur Jakob mislei is, het Esau belowe dat hy hom sou doodmaak nadat hulle pa gesterf het (Genesis 27:41). Rebekka het Isak aangemoedig om Jakob ver weg te stuur om ‘n vrou onder hulle familie te vind (Genesis 27:42-28:5).
- God het Jakob op sy reis geseën. Hy het Homself voorgestel vanaf die top van ‘n groot leer wat na die hemel reik (Genesis 28:11-15; Genesis 11:4). Jakob het self probeer om die seën te kry, maar net God kan dit uit genade gee.
- Jakob het op God se seën gereageer deur twee dinge te belowe (‘n geestelike een en ‘n fisiese een): om daardie plek God se huis te maak, en om die tiende van alles aan God terug te gee (Genesis 28:22).
- Jakob word mislei.
- Jakob het niks gehad om Laban as bruidskat te gee nie, so hy het voorgestel dat hy sewe jaar sou werk om met sy dogter te trou.
- Laban het egter sy skoonseun bedrieg deur vir hom Lea in plaas van Ragel te gee
(Genesis 29:20-23). - Die volgende oggend het Jakob besef hy is mislei. Hy het die Wet van Talion ondergaan (Eksodus 21:24). Nou kon hy sy sonde beter verstaan en wat sy pa en sy broer gevoel het.
- God seën Jakob (2).
- God het Jakob gedurende die volgende jare geseën. Hy het 11 seuns gehad (Benjamin, die twaalfde, sou later gebore word).
- Die name van sy kinders weerspieël die gevoelens van Lea en Ragel. Ten spyte van hulle geskil het God hulle geseën (Genesis 29:31-30:24).
- Jakob is ‘n seën.
- Jakob was ‘n seën vir Laban en sy gesin. Jakob het egter niks gehad nie. Nou moes hy vir homself en sy gesin begin werk.
- Laban het weer probeer om sy skoonseun te mislei, maar God het hom nie toegelaat nie (Genesis 31:7). Inteendeel, God het drome gebruik om vir Jakob te sê om genetika (waarvan hy nie geweet het nie) te gebruik om Laban se truuks te ontduik (Genesis 31:9-13).
- Jakob het nie gestry, in opstand gekom of probeer om sy eie oplossings te vind nie. Hy het op God gewag. Hy het Laban se huis na Kanaän verlaat slegs toe God vir hom gesê het om dit te doen (Genesis 31:3).