Les 12
11-17 Junie
Josef, die onderkoning van Egipte
- Josef, prins van Egipte. Genesis 41:37-57.
- Behalwe dat hy Farao se drome uitgelê het, het Josef ook ‘n plan voorgestel wat Egipte gereed sal maak vir die sewe jare van hongersnood wat geprofeteer is (Genesis 41:32-36).
- Farao het erken dat God vir Josef wysheid gegee het. Hy het Josef as minister van Egipte aangestel en vir hom ‘n vrou gegee (Genesis 41:39-44).
- Gedurende die sewe jaar van oorvloed, “het Josef baie graan bymekaargemaak soos die sand van die see” (Genesis 41:49). Hy was ook geseën met twee seuns: Manasse [“vergeet”] en Efraim [“vrugbaar”].
- God het iets sleg (‘n slaaf) verander in iets goed (die prins van Egipte).
- Josef stel sy broers op die proef:
- Die toets van bekering. Genesis 42.
- Toe die jare van hongersnood begin het, het Josef die skure oopgemaak en beide Egiptenare en buitelanders voorsien (Genesis 41:56-57). Jakob het sy seuns—behalwe Benjamin—na Egipte gestuur om koring te koop (Genesis 42:1-4).
- Josef het sy broers herken en besluit om hulle te toets (Genesis 42:8-9, 17). Die toets was effektief. Aangesien hulle nie geweet het dat Josef hulle kon verstaan nie (Genesis 42:23), het hulle vrylik met mekaar gepraat.
- Die toets van jaloesie. Genesis 43.
- Josef het Simeon in die tronk gehou en die ander na Kanaän laat terugkeer om te sien of hulle hulle verbind het om met Benjamin terug te kom (Genesis 42:19-20, 24).
- Toe Josef Benjamin sien, het sy emosie oorgneem(Genesis 43:30). Hy het liefdevol met hom gepraat (Genesis 43:29) en hom veral behandel, soos hulle vader hom behandel het (Genesis 43:34; 37:3).
- Hierdie keer was Josef se broers nie jaloers op Benjamin nie, maar “was vrolik met hom”. Iets het in hulle verander. Hulle was nie meer bekommerd oor begunstiging nie.
- Die finale toets. Genesis 44.
- Die laaste toets het bestaan uit die beskuldiging van Benjamin dat hy Josef se silwerbeker gesteel het (Genesis 44:2-4, 12). Sou hulle hul broer verlaat soos hulle hom in die steek gelaat het?
- Juda se toespraak is regtig roerend. Eerstens het hy sy sondes erken: “God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind” (Genesis 44:16).
- Hy het die pyn van sy pa onthou toe hy Josef verloor het. Hy het empatie met hom gehad en wou hom nie weer sien ly nie (Genesis 44:20, 30-31).
- Uiteindelik het hy homself aangebied om Benjamin se plek in te neem (Genesis 44:33), soos die ram wat Isak se plek ingeneem het (Genesis 22:13).
- Die toets van bekering. Genesis 42.
- God verander kwaad in goed. Genesis 45.
- Sy broers het die toets geslaag. Die oomblik het aangebreek om himself bekend te maak (Genesis 45:3-4).
- Josef het nie wraak gesoek nie. Hy het verstaan dat God kwaad in goed verander het.
- Hy het gepraat oor “bewaring van lewe”. Hy het sy broers verseker dat dit God was wat hom na Egipte gestuur het (Genesis 45:5-7).
- Hy het al die reëlings getref vir sy familie om na Egipte te trek. Alles was uiteindelik reg. God se voorsienigheid is op ‘n kragtige manier gemanifesteer.